deur Germandt Geldenhuys
'n vallei gaap
'n letsel voor my
met 'n stiknag diepte
en net die gedagte van wat was
en ek wou gly,
die wal is glad
en gly is moontlik,
en maklik
om voor my
my moordkuil
te omhels
en salig in sy spyt te slaap
en ek het gegly
en ek val
ek skree na jou aan die ander wal
maar my eggo's kom terug
dan spring ek, gil ek, pleit ek voor
jou oë; 'n nou en skrale brug
en waarom het die lig jou oë beval
as jy sidder oor my middernag
eers later sal ek die lig ook haal
en sal my skadu's ook verval
en dan sal ek opnuut probeer,
na telke paadjie, berg en dal
die waarheid tussen my en jou:
-is dalk nog nie vergruis-
maar dan sal 'n stem uit die diepte skree
die vallei gekerf
word alleen deurkruis.
Showing posts with label soeke. Show all posts
Showing posts with label soeke. Show all posts
Tuesday, September 13, 2011
die vlinder
deur Germandt Geldenhuys
eergister se spoke
draai rond en rond in mallemeule
en die stroopsoet lug
bedwelm hom
met twee vingers druk hy
die vlinder is dood
waar vroeër die kleur
is strak en koud
eens die vrolik vlinder
nou die karkas skaars gespaar
stadig stap hy weg
met pikswart oë in vlam
die vlinder is dood
vertrap vermorsel en oop
die stilte is 'n koue lem
soos voetstappe wat sweef
en erens lê 'n offergawe
erens wou 'n vlinder leef
en God sit neer sy hand
al is die vlinder-graf dan klaar
die grond is skaars nog koud
maar ewig rus die vaderhand
al is die vlinder dood.
die seun sal altyd vlinders vang
in die rondomtalie spel
waar die einde altyd donker is
die paadjie - 'n bitter hel
en eendag sal die soet lug verdwyn
en die oop velde en die maanlig selfs met dagbreek-straal
verkluim
sal hy omkyk
die vlinders sien
die droë wind proe
die nugter sonskyn ruik
sal hy sagkens streel en pleitend vra
sy hoof na die hemel lig
en uitskree na 'n grote God
wat hy jare terug verdoof het
eergister se spoke
draai rond en rond in mallemeule
en die stroopsoet lug
bedwelm hom
met twee vingers druk hy
die vlinder is dood
waar vroeër die kleur
is strak en koud
eens die vrolik vlinder
nou die karkas skaars gespaar
stadig stap hy weg
met pikswart oë in vlam
die vlinder is dood
vertrap vermorsel en oop
die stilte is 'n koue lem
soos voetstappe wat sweef
en erens lê 'n offergawe
erens wou 'n vlinder leef
en God sit neer sy hand
al is die vlinder-graf dan klaar
die grond is skaars nog koud
maar ewig rus die vaderhand
al is die vlinder dood.
die seun sal altyd vlinders vang
in die rondomtalie spel
waar die einde altyd donker is
die paadjie - 'n bitter hel
en eendag sal die soet lug verdwyn
en die oop velde en die maanlig selfs met dagbreek-straal
verkluim
sal hy omkyk
die vlinders sien
die droë wind proe
die nugter sonskyn ruik
sal hy sagkens streel en pleitend vra
sy hoof na die hemel lig
en uitskree na 'n grote God
wat hy jare terug verdoof het
Subscribe to:
Posts (Atom)